van der Stel Gimnastiek Dans

Liewe Ouers,

Soos u seker al teen nou weet, beplan Van Der Stel Gimnastiekklub om ‘n dans te hou op 22 Oktober 2016 in die Van der Stel saal. Dit sal die eerste keer wees dat daar ‘n fondsinsameling gehou sal word en ons is vreeslik opgewonde.

Die dans sal in die vorm van ‘n “Swinging 60’s” tema wees, wat beteken dat almal moet aantrek soos daar in die sestiger jare aangetrek was. Dit gaan groot pret wees. Die fondse wat ingesamel sal word gaan aangewend word om registrasiegelde vir kompetisies te dek, waar nodig. Aangesien sommige van die gimnaste dit somtyds nie kan bybring nie. Sover, het Tannie Annette en Gerhard hierdie uit hul eie sakke betaal, maar dit raak al moeiliker om dit volhoubaar te hou.

Die kaartjies vir die dans sal R175 per kaartjie beloop en ons vra graag dat alle gimnastiek ouers dit sal ondersteun. Indien u nie persoonlik die dans sal kan bywoon nie, vra ons dat u ten minste sal help met die verkoop van die kaartjies.

Daar is redelik baie goed wat ons in hierdie stadium nodig het om die dans ‘n sukses te maak. Ons wil graag vir die ouers vra, indien dit moontlik is om uself beskikbaar te stel om u dienste as gasvrou of gasheer beskikbaar te stel. Indien u dalk weet van iemand wat donasies sal kan maak in die vorm van ballonne, blomme, geldelik, ens. sal die hoogs waardeer word.

Indien u enige verdere inligting benodig is u welkom om vir Tannie Annette op 082 499 0860 of vir Jolette Barnard op 082 890 0291 te skakel.

U hulp en samewerking om hierdie fondsinsameling ‘n sukses te maak word baie waardeer.

Ons hoop om van u te hoor.

Baie groete

Annette Nel, Jolette Barnard, Gerhard Swiegers en die afrigtingsspanne

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s