Nuusbrief 5 – Artisties

Hallo Almal

Die jaar het mooi rustig begin en nou tel dit spoed op vir ‘n vale

Die afrigtersspan het ‘n paar gimnaste geïdentifiseer wat moontlik nou gereed kan kom vir die kompetisieseisoen. Ons moet ongelukkig alle inskrywings en betalings doen ‘n maand voor die kompetisie datum.

Om die vrees vir kompetisies bietjie te temper het ons besluit om aan 2 klubkompetisies deel te neem die Medalmania, die 21ste Mei, in die Paarl by die Wynland gimnastiekklub vir die artistiese level 1 – 3 en Spectrum Mini en Tuimel kompetisie, die 28ste Mei. Oorspronklik was Medalmania nie ‘n opsie nie, maar ons dink die dogters kan dit behartig en dit is ook vir die afrigters ‘n geleentheid om te sien waar daar nog geskaaf moet word vir die groot kompetisies.

Dus:

  1. Ek moet die 6 Mei (level 3) en die 10de Mei (level 1 en 2) die inskrywings en betalings doen vir die Distriksproewe die 3de Junie (level 3) en 17/18 Junie (level 1 en 2) by die Weskaap se Sportskool in Kuilsrivier (in Nooiensfonteinweg). Die inskrywingsgelde is R310, ek gaan ongelukkig geen inskrywing doen as ek nie die gelde ontvang het nie. Daar mag ongelukkig nie meer inskrywing gedoen word soos in die verlede nie.
  2. Die volgende gimnaste is gereed daarvoor: Indien daar enige botsings met skoolsport is moet julle my nou laat weet, want julle kan ook nie die inskrywingsgeld terug kry nie (slegs met ‘n doktersbrief). Julle moet my ook per epos laat weet dat julle tevrede is met die inskrywing en de gelde sal oorbetaal.

Level 1

Zani van Zyl
Mika du Plessis
Millan Nel
Phillipa Louw

Level 2
Odelia Krige
Ivanna Skinner
Anja Smit
Elricke Nel
Nina le Hanie
Nina Joos
Cadence Joos
Eden Potgieter
Lize de Viliers

Level 3
Ester Coetzee
Anke Geldenhuys
Marna Horn

3. Ons moet vir die distriksproewe in die klub leotard en sweetpak deelneem. Die sweetpakke moet as ‘n klub bestelling word, maar die leotard kan julle self bel en betaal en gaan haal. Neem asb kontant as julle gaan om dit af te haal, want sy het nie ‘n masjientjie nie. Die gimnaste wat nou bestel gaan die nuwe leotard wat ons in faseer kry.

4. Die leotards word by Joyce bestel 021 9883139. Ek sal more en Maandag die sweetpakke bestel. Dit kos ongeveer R470 per sweetpak. As julle ‘n swart sweetpak broek het hoef julle net die baadjie te koop. Sodra ek al die mates geneem het sal ek dit vir julle deurgee, dan moet julle laat weet of ek moet voortgaan al dan nie.

5. Ons gaan van tyd tot tyd met die kompetisiekinders ekstra oefen soos uiteengesit in die vorige nuusbrief. Die groep afrigter sal met julle elke keer bevestig.

6. Vir die 2 opkomende klub kompetisies die medalmania en die Spectrum, hoef die kinders nog nie die leotard te hê nie, maar ons is altyd netjies. Indien die gimnas nog nie ‘n klub leotard het nie, kan hulle ‘n ander leotard dra (klaar dit net met die afrigter uit) en hulle kan hulle skool sweetpak dra, maar netjies moet hulle wees!!

7. Indien daar van die ander gimnaste is wat mooi gaan ontwikkel en reg is vir die Zone proewe dan skryf ons hulle later in.

8. Vir die wat dalk nie gereed is vir die artisties nie, is daar nog die mini en tuimel distriksproewe. Kyk asb op julle datumlys

9. Nou vir die wat vra wat is dit? Die gimnastiekfederasie bied 9 dissiplines aan onder sy vaandel. Ons doen by ons klub artisties (balk, brug, spronge en vloer) en vir dieselfde gelde ook mini en tuimel wat nog ‘n dissipline is (ander klubs vra ekstra) en ook ritmies (lint, bal, hoepel, knuppels en tou) Hierdie is ekstra gelde. Omdat ons die mini gebruik om baie bewegings te leer en tuimel is deel van die gimnastiekvloere het ons besluit ons gee die gimnaste ‘n geleentheid om addisionele “kleure” te kry. Dit verg nie ekstra oefening nie en ons gimnassies vaar heel goed met die kompetisies. Maar dit is nie verpligtend nie. Ons skep slegs ‘n geleentheid vir die kinders.

10. Probeer asb dat die gimnaste nie klasse mis nie dit is moeilik om op hierdie stadium in te haal

11. Indien daar nog vrae is epos my gerus of skakel my, Dit is bietjie moeilik om by die gimnastiek te gesels aangesien ek dan moet werk

Vriendelike groete

Annette, Mamre, Esme. Jolandi, Leone en Cyla

Advertisements
This entry was posted in club gear, competition, Mini trampoline, news letter, Tumbling, Uncategorized, WAG and tagged , , , , , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s