WAG gimnaste presteer

van der Stel Gimnastiek Klub se artistiese gimnaste het by die onlangse Weskaap Kampioenskappe en Suid Sone kompetisies weer ‘n string medaljes vir artistiese gimnastiek, mini-trampolien en tuimel verower. Hoofafrigter, Annette Nel, en haar afrigtingspan is trots op hulle gimnaste se prestasies. ‘n Handvol van die gimnaste is ook vir die drie dissiplines deur na die Nasionale kampioenskappe (SA Gym Games) wat tydens die Oktober vakansie in Gauteng plaas vind.

DSCF9478

WAG gimnaste wat almal tydens die Suidsone kompetisie Kaapse Wynland distrik kleure verwerf het.

Baie geluk aan Elrike Nel (7, Vlak 1) en Isabelle Ueckermann (7 lev 2) wat eerste gekom het in tuimel en Salomie Rademeyer (6), Odelia Krige (8) en Franki Smit (15/o) met hul eerste plekke in mini-trampolien tydens die Suidsone.

Baie geluk aan Elricke Nel (7) vir mini-trampolien en Vicky-Lee Patterson (ll/o, Vlak 1) vir tuimel met hul tweede plekke . Asook Anja Smit (7), Anika de Vries (10) en Megan Vermeulen (11-12) met hul derde plekke in mini-trampolien.

DSCF9487

WAG gimnaste wat die Weskaap gaan verteenwoordig tydens die SA Gym Games

Tydens die Weskaap kampioenskappe verower Franki Smit (Vlak 3, 13&o) goud, Lael Potgieter (Vlak 3, 10 jr) silwer en Megan Vermeulen (Vlak 4, 11 jr) brons vir tuimel. Die volgende gimnaste kwalifiseer vir Weskaap kleure: Anika De Vries vir artisties (Vlak 4, 9 jr) en mini-trampolien, Megan Vermeulen vir artisties (Vlak 6, 10&onder), mini-trampolien en tuimel,  Franki Smit vir tuimel en Lael Potgieter vir tuimel. Kamilla Haasbroek (Vlak 4, 10 jr) kwalifiseer ook vir die Weskaap span. Baie geluk aan die 5 gimnaste met die prestasies.

Ons wens die gimnaste Frankie, Lael, Anika, Kamilla en Megan alles van die beste toe vir suksesvolle kompetisies tydens die SA Gym Games in Gauteng.  Onthou suksesvol beteken jy het JOU beste gedoen en voel tevrede met JOU werk. Dit maak nie saak watter posisie jy behaal het nie, dit is jou posisie in die land.

Advertisements
This entry was posted in competition, WAG and tagged , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s